Quantcast
Channel: Skoonheid – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 357

Mooiste modeweek-voorkomste om dié lente te dra

$
0
0

Romantiese poniesterte en bollas, goud en silwer op jou oë of bonkige 60’s-wimpers … New York se Modeweke is nie sonder rede van die groot hoogtepunte op die jaarlikse mode- én skoonheidskalenders nie. Hier is van die mooiste skoonheidsvoorkomste wat tydens die afgelope New Yorkse Modeweek gesien is en wat die SARIE-skoonheidspan beslis dié lente gaan probeer.

Mooiste hare

Omgekeerde poniesterte en bollas

Doen dit só: Begin met ’n lae poniestert teen jou nek. Deel jou hare net bokant die rekkie in twee en druk jou poniestert van onder af deur om ’n omgekeerde poniestert of bolla te maak.

 

Romantiese half-opstyl

 

Hare met ’n strandtekstuur

Vir dié styl het jy net ’n stileringsproduk wat tekstuur skep, soos ’n soutsproei, nodig.

Netjies en gladgestryk

 

Mooiste grimering

Metaalskakerings op oë

Ons is mal oor dié treffende silwer oogomlyner.

Probeer ook koper en goue skakerings.

 

Frida Kahlo-geïnspireerde grimering

Kry dié voorkoms met bloedrooi lippe en hope maskara.

 

Helder tweekleurige lippe

’n Rooi skakering op jou boonste lip en ’n pienk skakering op jou onderste lip sorg vir ’n indrukwekkende voorkoms.

 

Bonkige kyk-na-my-wimpers

Dié voorkoms is nie vir elke dag se dra nie, maar perfek vir ’n spesiale geleentheid of ’n aand uit.

Mooiste naels

Goud en maroen

 

Byna deursigtig

Verf ’n deursigtige naellak met net ’n tikkie kleur op jou naels vir ’n subtiele wit of pienk skynsel.

Lees nou

Jou somergids vir jou hare!

Bespaar só tyd soggens

The post Mooiste modeweek-voorkomste om dié lente te dra appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 357

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!