Quantcast
Channel: Skoonheid – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 357

Hoe lank voor jy jou grimeerprodukte moet uitgooi? Plus rek dit só

$
0
0

Lente is die perfekte tyd om jou grimering uit te sorteer en ou produkte weg te gooi. Veral omdat jou skoonheidsprodukte verval nadat dit vir ’n sekere tydperk oop was. Dit werk dan nie meer so goed nie en kan selfs bakterieë bevat wat dalk lei tot velirritasie, -uitslag of ’n allergiese reaksie.

Let veral op na die vervaldatums van maskara, jel- en vloeibare oogomlyners, onderlae en vogrome, want dié produkte verval gewoonlik die gouste. Kyk uit vir die universele simbool op jou produkte wat aandui hoe lank jy dit behoort te gebruik. Die simbool lyk soos ’n potjie met ’n oop deksel. In die “potjie” is ’n syfer gevolg deur die letter “m” wat wys vir hoeveel maande jy die produk kan gebruik. Gooi enige grimeerprodukte wat ’n verandering in kleur, reuk of digtheid toon dadelik uit.

Volg dié gids en gooi jou grimeerprodukte weg sodra dit verval:

Skoonheidsprodukte veral1

Jy kan ook jou grimeerprodukte langer laat hou met dié paar slim wenke:

1. Moenie dat jou grimering in die son lê nie. Die UV-strale kan sommige van die preserveermiddels in jou produkte vernietig en so veroorsaak dat dit vinniger verval.

2. Maak elke nou en dan jou grimeerpotlode skoon deur dit liggies skerp te maak. Sit ook altyd die doppie op nadat jy ’n grimeerpotlood gebruik het.

3. Dit is iets wat ons almal doen: jy “pomp” jou maskara-borsel ’n paar keer in en uit voordat jy dit aanwend. Maar dis juis dié gewoonte wat maak dat maskara vinnig uitdroog en besmet word met bakterieë, want jy pomp so lug in die buisie in. Draai eerder die maskaraborsel stadig in die rondte terwyl jy dit uit die buisie uittrek om só genoeg maskara op die borselhaartjies te kry.

4. Jy kan jou naellak langer laat hou deur ’n bietjie naellak-verdunner (beskikbaar by die meeste winkels wat grimering verkoop) daarby te gooi. Gooi jou naellak uit sodra die formule taai of klonterig is.

5. Kweek die gewoonte om jou grimeerborsels gereeld te was. Grimeerborsels wat gereeld gebruik word, kan vinnig vuil word en rooiheid, jeukerigheid en selfs ’n veluitslag veroorsaak. Dié vuilheid gaan lê dan ook in die grimering wat jy gebruik. Hiér wys ons jou hoe om jou grimeerborsels in ’n kits te was.

6. As jy wil hê jou parfuum moet langer hou, bêre dit in ’n koel, donker plek. Lig bederf die parfuum, veral direkte sonlig. Moet dit ook nie op ’n plek hou waar die temperatuur gereeld skommel, soos in jou badkamer of kar, nie. Die wisseling in temperatuur vernietig die molekulêre struktuur van die parfuum en beïnvloed die geur, volgens die webwerf www.perfume.org.

 

Bronne: www.cosmopolitan.co.uk, www.seventeen.com

Lees nou

Droë voete? Hiér’s raad!

Dis die wêreld se perfekste en mooiste gesig

The post Hoe lank voor jy jou grimeerprodukte moet uitgooi? Plus rek dit só appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 357

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!