As jy ooit gedink het die supergewilde bob en lob (lang bob) haarstyle se tyd is byna verby, dink weer! Nadat ’n hele paar bekendes soos Bella Hadid, Selena Gomez en Vanessa Hudgens die afgelope maand hul hare net bo hul skouers afgesny het is dit duidelik dat dié mode nog lank hier gaan wees. Dis tans ook dié haarstyl op die Cannes-rolprentfees se rooi tapyt.
Ons verstaan hoekom die lob haarsnit jaar na jaar steeds gewild bly. Dis een haarstyl wat by álmal pas. En ons bedoel letterlik álmal.
Die lang bob val net bo jou skouers en is daarom effens langer as ’n gewone bob, vandaar die naam. Die snit pas by enige gesigvorm én ouderdom en is baie veelsydig. Jy kan dit lank en reguit dra of selfs golwe in jou hare sit vir ’n strandvoorkoms. ’n Lob is ook die perfekte snit as jy ’n haarstyl verkies wat maklik stileer, maar steeds genoeg volume in jou hare wil skep. Probeer dan ’n lang bob wat in lae gesny is, met of sonder ’n kuif. Laat sny jou langer bob elke ses tot agt weke om die snit mooi te onderhou.
Hiér is maar net ’n paar van die bekendes wat sover met ’n lob op vanjaar se Cannes-rooitapyt gepronk het. Kyk net hoe veelsydig is die styl.
Sag en golwend
Golwende haarstyle laat vroue bo 40 dadelik gemaklik en meer jeugdig lyk. Laat jou haarstileerder jou hare in langer golwende lagies tot net bo jou skouers sny.
Marion Cotillard
Bella Hadid
Robin Wright
Glad gestryk
As jy natuurlik baie reguit hare het, is ’n lob met effens stompgesnyde punte in die kol. Steek jou hare agter jou ore in om die styl effens asimmetries te laat lyk en jou voorkoms ’n moderne kinkel te gee.
Uma Thurman
Hailey Baldwin
Kendall Jenner
Lees nou
Kan dié warm drankie help vir ’n probleemvel?
Só vind jy jou perfekte onderlaagkleur
The post Dié haarstyl oorheers die Cannes-rooitapyt appeared first on SARIE.