Quantcast
Channel: Skoonheid – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 357

Droë voete? Hiér’s raad!

$
0
0

Sandaal-seisoen is hier, en dít beteken al die aandag is op jou voete. Goedversorgde voete gee jou selfvertroue ’n hupstoot. Boonop is mooi voete en toonnaels makliker as wat jy dink.

Omdat jou voete jou lyf se fondasie is, werk dit daagliks hard en verdien om versorg en vertroetel te word, veral in die somer wanneer dit meer aan omgewingsfaktore blootgestel word. Die geheim van mooi en gesonde voete lê in die vel wat sag en soepel lyk.

 

Hoe gemaak met droë voete?

Een van SA vroue se grootste voetprobleme is droë hakke met barsies en eelte op dele van hul voete. Wanneer die vel onder jou voete geïrriteerd raak deur byvoorbeeld die konstante skuur van jou skoene se sole, vervaardig jou vel ekstra selle om jou voete te beskerm. Dié lae selle kan naderhand ’n harde eelt vorm. Gebruik gereeld ’n growwe voetskrop om spesifiek die harde dele op jou voete te brei. As jou voete buitengewoon grof is, gaan vir ’n voetbehandeling wat spesifiek dié probleem takel.

Probeer dié mediese voetkuur wat getoets is deur Monica Pienaar, SARIE se skoonheidsassistent:

FOTO: Phyllis Green

FOTO Phyllis Green

“Soms het jou voete net ’n bietjie ekstra hulp nodig. ’n Mediese voetbehandeling is wonderlik om harde, gebarste hakke en growwe dele op jou voete te versag en te verwyder. Die DMK MediPedi No Paint-behandeling (R320, by Sorbet-salonne landwyd) is doeltreffend én bekostigbaar. Die terapeut gebruik ’n spesiale afskilferingsroom met bestanddele wat die harde dele van jou hakke en voetsole diep binnedring om enige dooie selle op te los en die vel te versag. Ná die room verwyder is, word twee soorte olie in jou voete masseer om dit te voed en te bevog. Die terapeut smeer dan ’n dik vogroom, ryk aan vitamiene en minerale, aan jou voete en seël dit vir sowat tien minute met kleefplastiek sodat die room goed absorbeer om te keer dat enige hardheid terugkeer. My voete was ná die behandeling sysag en goed bevog. My hakke was ook weer ’n gesonde pienk kleur sonder ’n teken van enige grofheid.”

Probeer ook dié produkte en wenke:

Nivea Cocoa Butter Body Cream (R48)

Smeer elke aand ’n ryk vogroom aan voordat jy gaan slaap. As jy dit ’n gewoonte maak, kan jy selfs binne drie weke ’n verbetering sien.

Sorbet Sensual Luxurious Oil Polish Up Salt Scrub (R45). By Clicks

Skilfer jou voete ook een tot twee keer ’n week met ’n voetskrop af nadat jy dit deeglik gewas het, veral as jy gereeld oefen of toe skoene dra. So raak jy ontslae van enige dooie selle en onsuiwerhede wat kan lei tot bakteriële infeksies.

Skin Republic Foot Repair Moisture Intense Foot Mask (R47)

Wend ná afskilfering vir 10 tot 20 minute ’n voetmasker aan. Kies ’n masker vir jou spesifieke behoeftes, soos een vir droë voete of een vir moeë spiere.

Milk Solutions Hydrating Mask in Garden Mint (R242). By uitsoeksalonne

Kyk uit vir voetmaskers met bestanddele soos argan- en peperment-olie. Arganolie bevogtig, terwyl peperment ’n verfrissende uitwerking het.

Scholl Velvet Smooth Electronic Foot File (R400)

Met dié nuttige toestel verwyder jy growwe en droë vel op jou voete in ’n kits.

*Dele van dié artikel het oorspronklik in SARIE se November 2015-uitgawe verskyn.

Lees nou

Ligstrepies in jou hare vir somer? Bekendes wys jou hoe!

Kyk wat het Victoria Beckham aangevang…

The post Droë voete? Hiér’s raad! appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 357

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!